| |
Verklarings van Marfansindroom terme
| |
Aandagtekort-afwyking |
| |
afwyking waar die aandagsduur baie kort is. Soms verbind
met hiperaktiwiteit. |
| |
Terug na
bo |
| |
Ambliopie |
| |
luioog, waar die brein 'n swak oog ignoreer. |
| |
Terug na
bo |
| |
Aneurisme |
| |
(aortiese dilasie) ballon wat in 'n aar vorm weens druk
van die bloed teen 'n swak aarwand. |
| |
Terug na
bo |
| |
Aorta |
| |
hoofslagaar, waardeur die bloed vanaf die hart gepomp
word. |
| |
Terug na
bo |
| |
Aortiese boog |
| |
gedeelte van die aorta tussen die stygende aorta en die
dalende aorta. Arterieë na die kop en arms vertak hier. |
| |
Terug na
bo |
| |
Aortiese bron |
| |
gedeelte van die aorta waar dit uit die hart styg net
agter die aortaklep en insluitend die Valsalva-sinusse. |
| |
Terug na
bo |
| |
Aortaklep |
| |
driekuspiedeklep (drie slippe) tussen die hart en
aorta |
| |
Terug na
bo |
| |
Apikale bullae |
| |
blaasagtige voorwerpe in die lugsakke in die boonste
gedeelte van die long, veroorsaak deur verminderde
rekbaarheid. |
| |
Terug na
bo |
| |
Asetabulêre uitsteeksel |
| |
toestand waar die toppunt van die femur te diep in die
pelviese potjie lê, en selfs deur die been breek in ernstige
gevalle. |
| |
Terug na
bo |
| |
Betablokker |
| |
medisyne (bv. Tenormin/atenolol) wat die bloeddruk laag
hou en hartkloppings onder beheer hou. Mense wat aan asma ly,
kan nie betablokkers neem nie, maar kan kalsiumkanaalblokkers
gebruik. |
| |
Terug na
bo |
| |
Bindweefsel |
| |
weefsel wat dwarsdeur die liggaam gevind word en wat seker
maak dat die organe hul regte grootte, vorm en kragte hou. Die
hoofsoorte is kollageen (vir sterkte, vorm en stabiliteit) en
elastien (vir rekbaarheid en stewigheid). |
| |
Terug na
bo |
| |
Dalende aorta |
| |
die gedeelte van die aorta waarin bloed afwaarts vanaf die
aortiese boog na die bene vloei. Takke dwarsdeur die lengte
voer bloed na organe, ruggraat, ens. |
| |
Terug na
bo |
| |
Diagnose |
| |
veranderlikheid (selfs in een familie) lei tot moeilikheid
met diagnose. Die 1996 Ghent siektebeskrywing omskryf hoof- en
bykenmerk simptome. 'n Positiewe diagnose hang af van
hoofkenmerke in twee orgaanstelsels, en 'n derde orgaanstelsel
moet betrokke wees. |
| |
Terug na
bo |
| |
Displasie (heup) |
| |
foutiewe plasing van die toppunt van die femur in die
pelviese potjie. |
| |
Terug na
bo |
| |
Disseksie |
| |
swakheid van die aarwand, wanneer die binneste laag
(intima) wegskeur vanaf die buitenste laag (adventitia) by die
middelste laag (media). |
| |
Terug na
bo |
| |
Dura |
| |
vlies wat die omhulsel van die brein en die wand van die
rugmurg vorm. |
| |
Terug na
bo |
| |
Dura ektasie |
| |
vergroting van die dura in die onderste gedeelte van die
rugmurg weens verminderde rekbaarheid en swaartekrag wat op
die spinale vloeistowwe inwerk. Die kanaal deur die werwels
word vergroot. |
| |
Terug na
bo |
| |
Eggokardiogram |
| |
klankbeeld van die hart en aorta om vergroting en werking
van kleppe te moniteer. (Dit is heeltemal veilig en
pynloos.) |
| |
Terug na
bo |
| |
Ektopie lentis |
| |
wanplasing van die lens in die oog weens verminderde
rekbaarheid en skeuring van die suspensoriese ligamente. |
| |
Terug na
bo |
| |
Elastien |
| |
die rekbare gedeelte van bindweefsel. Fibrillien (wat
foutief is in Marfansindroom) is een van die mikrofibrille in
elastien. |
| |
Terug na
bo |
| |
Elmboog-strekking |
| |
die strekking van die elmboog kan minder as 170° wees
(hipomotiliteit) in Marfansindroom, alhoewel die gewrigte
dikwels hipermotiel (oorbeweeglik) is. |
| |
Terug na
bo |
| |
Emfiseem |
| |
dit is verminderde rekbaarheid van die lugsakke in die
longe. Dit gebeur in Marfansindroom, selfs sonder rook. |
| |
Terug na
bo |
| |
Endokarditis |
| |
infeksie van die hartkleppe. Antibiotika is nodig vir
endokarditis-profilaksis voor tandheelkundige prosedures aan
senuwees en urogenitale-operasies in
Marfansindroom-pasiënte. |
| |
Terug na
bo |
| |
FBN1 |
| |
is die geen by 15q21 op chromosoom 15 wat foutief is in
Marfansindroom. Elke familie het 'n ander mutasie (fout) in
dié geen. |
| |
Terug na
bo |
| |
Fibrillien |
| |
is 'n mikrofibril in elastien en is foutief in
Marfansindroom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Genetiese toetse |
| |
daar is nog geen akkurate genetiese toets vir
Marfansindroom nie. Die diagnose hang af van die inagneming
van die simptome. |
| |
Terug na
bo |
| |
Gesigsvorm |
| |
die kop is dikwels lank en smal (dolikokefalie), met
holoog (enoftalmie), holwange (malaris hipoplasties),
afwaarts-neigende palpebrale splete (ooglede) en òf uitstaande
(prognateus), òf terugstandige (retrognateus)
onder-kakebeen. |
| |
Terug na
bo |
| |
Gloukoom |
| |
(oophoek-gloukoom) is hoë druk in die oog as gevolg van
die buitengewone plat kornea in Marfansindroom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Hernia |
| |
(breuk) word veroorsaak deur verminderde rekbaarheid.
Gewoonlik liesbreuke of by operasie-plekke. |
| |
Terug na
bo |
| |
Hiperaktiwiteit |
| |
baie Marfansindroom-pasiënte is hiperaktief, met, of
sonder, aandagtekort-afwyking. |
| |
Terug na
bo |
| |
Hipermotiliteit |
| |
die gewrigte is dikwels oorbeweeglik, wat "slaplittigheid"
veroorsaak en spontane ontwrigting kan voorkom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Hoof-longslagaar |
| |
dié aar tussen die hart en long, vorm dikwels 'n
aneurisme. |
| |
Terug na
bo |
| |
Iridononese |
| |
trillings van die iris gebeur dikwels met ektopie
lentis. |
| |
Terug na
bo |
| |
Kalsiumkanaalblokker |
| |
medisyne wat in plaas van 'n betablokker gebruik kan word
om bloeddruk laag te hou en hartkloppings te stop. |
| |
Terug na
bo |
| |
Katarak |
| |
(preseniële) is oogpêrel waar die lens in die oog baie
vroeg dynsig word in Marfansindroom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Kornea |
| |
oophoek-gloukoom word veroorsaak deur 'n buitengewone plat
kornea in Marfansindroom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Liggaamsbou |
| |
Marfansindroom-pasiënte is dikwels lank en maer met lang
bene en arms. (Armspanwydte/liggaamslengte ratio meer as 1.05
en groot onder- tot bo-liggaam-verhouding.) Lang vingers gee
die duimteken (duim steek verby die vinger/palmgrens in 'n
vuis) en polsteken (duim en pinkie kom bymekaar om die
teenoorgestelde pols). |
| |
Terug na
bo |
| |
Marfan, Antoine Bernard-Jean |
| |
Franse kinderarts wat in 1896 die spier-skelet simptome
van 'n 5-jarige kind, Gabrielle, beskryf het. Die afwyking is
later arachnodactyly (spinvingers) genoem en nog later (in
1938) Marfansindroom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Meiose |
| |
verminderde kykersaamtrekking as gevolg van hipoplastiese
siliêre spier (die spier wat die pupil kleiner maak in skerp
lig). |
| |
Terug na
bo |
| |
Miopie |
| |
die lang (van voor tot agter) lengte van die oogbal
veroorsaak dikwels bysiendheid (miopie). |
| |
Terug na
bo |
| |
Mitralis annulus |
| |
die gedeelte rondom die mitralisklep verkalk
(kalsifisering) teen 'n jong ouderdom. |
| |
Terug na
bo |
| |
Mitralisklep |
| |
die klep tussen die boonste en onderste kamers in die
linkerkant van die hart is dikwels misvormd
(mitralisklep-prolaps) en veroorsaak klikgeluide (van
agteruitbolling), geruise (van regurgitering - lekke) en hoë
bloeddruk. Tagikardie (vinnige of onreëlmatige harttempo -
hartkloppings) gebeur dikwels en word soms met angsafwyking
verbind, want die aanvalle is skrikaanjaend. |
| |
Terug na
bo |
| |
Oefening |
| |
slegs ligte oefening word aanbeveel in Marfansindroom.
Kontaksportsoorte kan lei tot botsings wat gebarste aneurismes
en ektopie lentis veroorsaak. Isometriese oefening (teen iets
beur en gewigoptel) kan tot gebarste aneurismes lei en
veeleisende oefening veroorsaak te veel druk op die hart en
swak gewrigte. |
| |
Terug na
bo |
| |
Ortodontiese behandeling |
| |
die smal kakebeen en hoë verhemelte veroorsaak beknopte
tande en ortodontiese behandeling word vereis. |
| |
Terug na
bo |
| |
Outosomale dominant |
| |
genetiese afwyking waar elke kind van 'n lyer 'n 50% kans
het om dit te erf. |
| |
Terug na
bo |
| |
Pektus |
| |
die lang ribbes forseer die borsbeen (sternum) òf
binnewaarts om 'n holbors (pektus excavatum), òf buitewaarts
om hoenderbors (pektus carinatum) te vorm. |
| |
Terug na
bo |
| |
Pes planus |
| |
swak ligamente veroorsaak pronasie (binnewaartse draaiing
van die voet) met pes planus (platvoet). |
| |
Terug na
bo |
| |
Pneumotoraks |
| |
platval van die long, dikwels spontaan. |
| |
Terug na
bo |
| |
Retinaloslating |
| |
die retina kom dikwels gedeeltelik los na operasies om
Marfansindroom-probleme reg te stel, bv. Ektopie lentis,
katarak, ens. |
| |
Terug na
bo |
| |
Saamgestelde oorplanting |
| |
oorplanting van die aortaklep en stygende aorta in 'n
operasie. |
| |
Terug na
bo |
| |
Skoliose |
| |
meeste Marfansindroom-pasiënte het minstens 'n mate van
skoliose (buiging van die ruggraat), maar dit kan baie erg
wees, met spodilolistese (verskuiwing van werwels teen
mekaar). |
| |
Terug na
bo |
| |
Spontane mutasie |
| |
alhoewel Marfansindroom deur outosomale dominante
oorerwing oorgedra word, kan dit soms spontaan (sonder enige
duidelike rede) gebeur in 'n persoon. Dié pasiënte is
gewoonlik erg aangetas en kan dit aan hul kinders gee. |
| |
Terug na
bo |
| |
Sternum |
| |
borsbeen wat misvormd kan wees in pektus excavatum of
pektus carinatum. |
| |
Terug na
bo |
| |
Strabismos |
| |
skeelheid word veroorsaak deur verskille tussen die gesig
in die twee oë, of swak spiere/ligamente. (Sien ook
ambliopie.) |
| |
Terug na
bo |
| |
Stygende aorta |
| |
gedeelte van die aorta (bron ingesluit) waar dit styg uit
die hart, voor dit buig by die boog en afwaarts gaan in die
dalende aorta. |
| |
Terug na
bo | |
| |
Vel |
| |
die vel skort rekbaarheid en rekmerke (striae atrofie) ontwikkel dikwels. |
| |
Terug na
bo |
|