South African Marfan Syndrome Organisation     Suid-Afrikaanse Marfansindroom Ondersteuningsgroup  
     
 

WAARSKUWINGS vir Marfansindroom-pasiënte

Vermy die dood, ongeskiktheid en blindheid. Maak seker dat u die regte behandeling vir Marfan-probleme kry! Net U kan dit doen!

  • Moet NOOIT die volgende oefeninge doen nie:
    • Isometries (steun) - gewigoptel,opstoot,ens.
    • Mededingende sport.
    • Kontaksportsoorte (botsings) - rugby, boks, netbal, ens.
    • Totdat u moeg is en jou polstempo bo 110 is.
  • Baie skerp pyn (skeur- of steek-pyn) in die borskas, rug of buik kan aortiese disseksie (skeuring) wees.
  • WAARSKU die dokter.
  • Spinale operasies - waarsku die chirurg voor die operasie:
    • Binne-spinale-bande werk dikwels los in Marfasindroom.
    • Groter as normale beenoorplantings word benodig in Marfansindroom.
  • Voet en hand operasies is gewoonlik onsuksesvol in Marfansindroom en veroorsaak dikwels erger probleme.
  • Duraektasie (swel van rugmurg) - waarsku chirurge van die moontlikheid voor operasies op die laer-ruggraat.
  • Oog operasies veroorsaak dikwels retinaloslating.
    • Kry onmiddelik behandeling vir dryfsels, "inkvlekke" en skittering.
    • PRK en LASIK operasies (op die kornea) word nie in Marfansindroom aanbeveel nie.
  • Breuke het uitgebreide herstelling in Marfansindroom nodig om toekomstige breuke te vermy, veral by die operasie-plek.
  • Bly fiks met LIGTE oefening om die hart, bene, gewrigte, en spiere wat die ruggraat ondersteun, te versterk.
  • Ontspan met ligte oefening, stokperdjies, vriende - om hartkloppings te help stop.
  • Neem nie kruiemiddels nie want sommiges kan gevaarlik in Marfansindroom wees. Neem net byvoegsels as toetse wys dat u 'n tekort het. 'n Ewewigtige dieet verskaf alles wat u nodig het.

Kontak SAMSO vir meer inligting oor enige van die bostaande waarskuwings.

Back to the top


Tuis- blad SAMSO Nuus Marfan- sindroom Woorde- skat Waar- skuwings Vrae en Antwoorde Diagnostiek Program Skakels Borge

Home SAMSO News Marfan Syndrome Definitions Warnings FAQs Diagnosis Tool Links Sponsors