South African Marfan Syndrome Organisation     Suid-Afrikaanse Marfansindroom Ondersteuningsgroup  
 

 

 
 

This site in English

DIE DIAGNOSE VAN MARFANSINDROOM (Hersien 2010)

Diagnose van Marfansindroom is op die sistemiese kenmerke (tekens en simptome in die orgaanstelsels) gegrond. Die hersiende metode (2010) wys punte toe aan die toepaslike kenmerke en die finale puntetotaal vir 'n pasiënt word gebruik vir 'n diagnose.


Inhoud van hierdie webblad (klik op die benodigde afdeling)

Genetika en bindweefsel Kenmerke Puntetelling Diagnose



GENETIKA EN BINDWEEFSEL

Marfansindroom is 'n genetiese afwyking van bindweefsel. Fibrillien in elastien is foutief weens 'n mutasie (verandering) in die FBN1 geen op chromosoom15. Bindweefsel, wat elastien bevat, is dwarsdeur die liggaam gevind en die effekte van die foutiewe fibrillien word dus in alle orgaanstels gevind.

Die afwyking is 'n outosomale dominante genetiese afwyking, wat beteken dat kinders dit van 'n ouer erf, sonder enige onaangetasde draers nie en dit slaan nooit geslagte oor nie. Elke kind van 'n persoon met Marfansindroom het 'n 50% kans om dit ook te hê. Daar is groot variasie in albei die ernstigheid en in die kenmerke wat opmerklik in 'n pasiënt is - selfs in een familie. Soms is daar 'n spontane mutasie, waar daar geen teken van die afwyking in die familie is nie. Dié pasiënte is gewoonlik erg aangetas en hul kinders kan dit deur die gewone outosomale dominante metode erf.

Die moontlike kenmerke van Marfansindroom, familie geskiedenis en mutasies van die fibrillien geen ingesluit, word onder gelys.




KENMERKE VAN MARFAN SINDROOM

Sommige kenmerke, wat dikwels in Marfansindroom gevind word, is ook in ander afwykings gevind en is dus nie in die puntetelling vir diagnose gebruik nie. (Kort beskrywings van die kenmerke kan in die Woordeskat afdeling van hierdie webwerf gevind word. Klik op die term in kleur en ondergestreep om direk na die beskrywing te gaan.)

Familie en genetiese geskiedenis

  • As die pasiënt 'n ouer, kind, broer of suster het wat onafhanklik voldoen aan die kenmerke vir diagnose.
  • Teenwoordigheid van 'n mutasie in FBN1 wat Marfansindroom veroorsaak. (Tegniese inligting hieronder.)

Criteria for causal FBN1 mutation - technical information about the mutation

  • Mutation previously shown to segregate in the Marfan family
  • De novo (with proven paternity and absence of disease in parents) mutation in one of the following categories:
    • Nonsense mutation.
    • Inframe and out of frame deletion/insertion.
    • Splice site mutations affecting canonical splice sequences or shown to alter splicing on mRNA/cDNA level.
    • Missense affecting/creating cysteine residues.
    • Missense affecting conserved residues of the EGF consensus sequence [(D/N)X(D/N)(E/Q)Xm(D/N)Xn(Y/F), m and n = variable number residues: D aspartic acid, N asparagine, E glutamic acid, Q glutamine, Y tyrosine, F phenylalanine].
    • Other missense mutations: segregation in family if possible + absence in 400 ethnically matched control chromosomes; or if no family history, absence in 400 ethnically matched control chromosomes.
    • Linkage of haplotype for n≥6 meioses to the FBN1 locus.

Kardiovaskulêre sisteem
  • Aortiese-bron aneurisme of disseksie
  • Mitralisklepprolaps
  • Dilasie of disseksie van die dalende torakale of abdominale aorta (nie in punte ingesluit nie)
  • Dilasie van die hoofpulmonale-aar (nie in punte ingesluit nie)
  • Kalsifisering van die mitrale-annulus onder die ouderdom van 40 (nie in punte ingesluit nie)

Nota vir kardioloë: Aortiese-bron aneurisme moet drie keer gemeet word en vir ouderdom en liggaamsgrootte gekorrigeer en as 'n Z-score verklaar word. (Z-score berekenaar by http://www.marfan.org/marfan/4647/2010-Revised-Ghent-Nosology----Z-Score-Calculation)

Okulêre sisteem
  • Ektopie lentis
  • Miopie - vroeë ontwikkeling, hoë ernstigheid, vinnige voortgang.
  • Abnormale plat kornea (nie in punte ingesluit nie)
  • Verlengde aksiale-lengte van oogbal (nie in punte ingesluit nie)
  • Hipoplastiese iris of hipoplastiese siliêre spier (nie in punte ingesluit nie)
  • Tipies van Marfansindroom: vroeë katarakte, oophoek gloukoom (nie in punte ingesluit nie)

SISTEMIESE KENMERKE

Skeletale sisteem

Dura Pulmonale sisteem Dermale sisteem en integumentum

 



PUNTETELLING VAN SISTEMIESE KENMERKE

Die volgende is die punte wat aan elke kenmerk of groep kenmerke toegewys word. Die totale puntetelling in 'n pasiënt (as ≥7) kan dan gebruik word vir 'n finale diagnose - sien Vereistes 3 of 6 onder.


Kenmerk Punte Getal
Polsteken EN duimteken     3  
Polsteken OF duimteken     1  
Pektus carinatum wanvorming     2  
Pektus excavatum of borskas asimmetrie     1  
Agtervoet wanvorming     2  
Platvoet (pes planus)     1  
Pneumotoraks     2  
Duraektasie     2  
Asetabulêre uitsteeksel     2  
Verminderde bo-/ondergedeelte
EN vermeerde armspanwydte/lengte
    1  
Skoliose of torakolumbale kifose     1  
Verminderde elmboog strekking     1  
3 uit 5 gesigs kenmerke     1  
Vel striae     1  
Miopie     1  
Mitralisklepprolaps     1  
TOTAAL  




DIAGNOSE

Vereistes vir die diagnose van Marfasindroom:

Die diagnose van Marfansindroom is positief as een van die volgende vereistes voldoen word:

        Vir die trefgeval, d.i. met die afwesigheid van familie geskiedenis, een van:

  1. Aortiese-bron aneurisme (Z≥2 bo 20 jaar, Z≥3 onder 20 jaar), of aortiese-bron disseksie, EN ektopia lentis.
  2. Aortiese-bron aneurisme (Z≥2 bo 20 jaar, Z≥3 onder 20 jaar), of aortiese-bron disseksie, EN FBN1 mutasie.
  3. Aortiese-bron aneurisme (Z≥2 bo 20 jaar, Z≥3 onder 20 jaar), of aortiese-bron disseksie, EN sistemiese punte ≥7.
  4. Ektopie lentis EN FBN1 mutasie, MET bekende aortiese-bron aneurisme (Z<2 bo 20 jaar, Z<3 onder 20 jaar).
  5. Vir 'n familielid van 'n trefgeval, d.i. teenwoordigheid van familie geskiedenis, een van:

  6. Ektopie lentis EN familie geskiedenis van Marfansindroom (soos bo verklaar).
  7. Sistemiese punte ≥7 EN familie geskiedenis van Marfansindroom (soos bo verklaar).
  8. Aortiese-bron aneurisme (Z≥2 bo 20 jaar, Z≥3 onder 20 jaar), of aortiese-bron disseksie, EN familie geskiedenis van Marfansindroom (soos bo verklaar).

Afwykings wat onderskei moet word van Marfansindroom

Die volgende afwykings oorvleul Marfansindroom in wisselende mates:

  • Loeys-Dietz sindroom
  • Bikuspiede aortieseklep
  • Familiële torakale aortiese aneurisme
  • Vaskulêre Ehlers-Danlos sindroom
  • Arteriële kronkeling sindroom
  • Ektopie lentis sindroom
  • Weill-Marchesani sindroom
  • Homosistinurie
  • Stickler sindroom
  • Shprintzen-Goldberg sindroom
  • Erflike sametrekkende aragnodaktilie (Beals sindroom)
  • MASS fenotipe (miopie, mitralisklepprolaps, matige aortiese dilasie, vel striae, en skeletale betrokkenheid)
  • Mitralisklepprolaps sindroom (Barlow sindroom)

Kontak SAMSO vir meer inligting oor die differensieële diagnose van hierdie afwykings, of raadpleeg "The revised Ghent nosology for the Marfan syndrome" by Loeys, Dietz, et al. Jour. Med Genetics (2010).



Hierdie opsomming is deur L P Higgs gemaak van "The revised Ghent nosology for the Marfan syndrome" by Loeys, Dietz, et al. Jour. Med Genetics (2010) - TEC/002 in die SAMSO katalogus.


Tuis- blad SAMSO Nuus Marfan- sindroom Woorde- skat Waar- skuwings Vrae en Antwoorde Diagnostiek Program Skakels Borge

Home SAMSO News Marfan Syndrome Definitions Warnings FAQs Diagnosis Tool Links Sponsors